Lockheed F-117 Nighthawk

Lockheed F-117 Nighthawk
'n F-117 in vlug oor berge in Nevada in 2002
Tipe Grondaanvalsvliegtuig
Vervaardiger Lockheed
Nooiensvlug 18 Junie 1981
Bekendstelling Oktober 1983
Onttrek 2008
Status Uit diens onttrek.
Hoofgebruiker Amerikaanse Lugmag
Programkoste -

Die Lockheed Martin F-117 Nighthawk is 'n Amerikaanse bomwerper en grondaanvalsvliegtuig. Daar word verkeerdelik na hom verwys as 'n stealth fighter. Dit is die wêreld se eerste vliegtuig wat ontwerp is met lae radarsigbaarheid en verrassingstegnologie. Die Nighthawk kan ongemerk hoërisikoareas binnedring en dan met groot presisie lasergeleide missiele afvuur teen vyandelike teikens. Lockheed het die Nighthawk ontwikkel nadat hulle reeds in 1975 begin met die ontwikkeling van verrassingstegnologie. Ontwikkeling het in 1978 begin en die prototipe het sy nooiensvlug op 18 Junie 1981 onderneem. Die vliegtuig is eers in 1988 amptelik aan die publiek bekend gestel.

Die eerste F-117A is in 1982 afgelewer. Die Amerikaanse Lugmag se Air Combat Command se eerste eenheid wat met die Nighthawk toegerus was is die 4450ste Taktiese groep. Hulle was operasioneel in Oktober 1983. Die laaste van die bestelling van 59 vliegtuie is in Julie 1990 afgelewer. Lockheed het ook vyf toetsvliegtuie gebou.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy